Jesus help ons om sterk te bly en nie moed op te gee nie, selfs wanneer ons moeg raak of deur moeilike tye gaan.
Die wedloop van geloof: Hebreërs 12:1–3
Lees hierdie storie vir jou kind:
’n Groot groep mense staan langs ‘n langs 'n atletiekbaan hul oë vol trots, hul harte vol hoop. Dit is mense wat self al resies gehardloop het in hulle lewe, mense wat volhard het tot aan die einde. Jesus is ook daar. Nou moedig hulle die aan wat self besig is om die resies te hardloop.
Op die baan is daar mense wat elkeen 'n baie swaar rugsak dra, vol twyfel, vrees en kwaad. Die rugsakke trek aan hul skouers en maak elke tree swaar. Hulle worstel om vorentoe te beweeg. Hulle is moeg.
Skielik stap iemand uit die skare na vore en fluister: “Los daardie rugsak by die kant! Laat dit val!” Die mense laat hul rugsakke val, hulle voel hoe alles ligter word en hoe die wind sommer oor hulle rug gaan.
Jesus praat nou: “Hardloop hierdie wedloop met volharding.” Hulle begin hardloop, al is hul bene moeg en hul asem kort. Voor in die wedloop sien hulle Jesus met vasberadenheid in Sy oë. Hy dra nie rugsak nie, maar ’n kruis. ‘n Kruis wat almal se rugsakke wat hulle afgegooi het aan vas gespyker het. Hy het alreeds die groot pyn en skande vir ons gedra.
Jesus kyk oor Sy skouer en roep: “Kyk na My, julle Leidsman en Voleinder van die geloof!” Jesus stel die voorbeeld deur die kruis en Hy doen dit terwille van die vreugde en vrede wat dit vir ons bring. Nou sit Hy aan die regterhand van God en stuur Sy liefdevolle aanmoediging na elkeen van ons.
Wanneer ons ons oë op Hom rig, voel ons nuwe krag sit in ons harte. Stap vir stap, tree vir tree, hardloop ons saam met Jesus, gereed om nie moed op te gee nie, maar om te volhard tot by die einde.
'n Man moet eers gaan uitwerk hoeveel die toring gaan kos voordat hy dit bou. Anders lag die mense vir hom omdat hy nie kan klaarkry nie.
'n Koning werk eers uit of hy die vyand met sy leër kan verslaan, anders gaan vra hy liewer vredesvoorwaardes.
Gesels saam as gesin:
Hoe voel dit as jy aanhou doen iets moeilik, maar dan Jesus by jou voor oë sien slaag?
Kan julle onthou ’n tyd toe julle moeg of verdrietig was, maar weer moed gekry het? Wat het julle help aanhou?
Hoe kan ons leer om elke dag na Jesus te kyk wanneer ons krag nodig het?
“Wedloop met Jesus” speletjie:
Merk ’n kort “wedloopbaan” in jul tuin of ’n gang in die huis.
Een persoon speel Jesus en hardloop stadig aan die voorkant, draai dan om en moedig die volgende een aan om aan te hou. Draai afwisselend sodat elke kind en ouer as Jesus voor hardloop. Praat daarna oor hoe dit voel om deur iemand aangemoedig te word
Bid saam, of sê elkeen 'n sin soos:
“Here Jesus, ek kyk na U wanneer ek moeg raak en…“
Laat elkeen ’n eenvoudige woorde sê waarvoor hulle vir nuwe krag wil vra of waarvoor hulle dankbaar is.
Gesinsuitdaging:
Gaan stap elke dag as gesin saam, al is dit net om die blok. Wanneer julle moeg raak of wanneer julle by die huis aankom sê julle saam:
“Jesus gee vir ons krag om aan te hou.”
Wanneer ons na Jesus kyk en op Sy krag vertrou, kan ons elke dag volhard en getrou bly, al voel ons soms swak.