’n Geestelike reis van 40 dae om jou geloof te verdiep, saam met ander te groei, en dissipelskap prakties uit te leef.
Elke dag se dagstukkie is op hierdie webwerf beskikbaar.
Elke dagstukkie bevat ’n videosnit. Die video word op ’n spesifieke plek in die dagstukkie geplaas, sodat dit ’n beginsel verduidelik of agtergrond bied oor die tema. Lees die dagstukkie van bo tot onder en kyk die video wanneer jy daarby kom voordat jy met die res van die studie voortgaan.
Elke dagstukkie behoort sowat 30 minute te neem om te voltooi.
Die skakels van die selgroepbesprekings en gesinsbybelstudies is onder aan die bladsy van elke dag se dagstukkie beskikbaar. Jy kan dit ook maklik vind op die hoofblad of die hoofmenu van die webwerf.
Ons beveel aan dat jy ’n joernaal of blanko boekie gebruik as die basis van jou daaglikse oordenkings-oefeninge. Skryf jou gedagtes en insigte neer, want dit help nie net met verwerking van die materiaal nie, maar ook met latere terugverwysing na wat jy ervaar het.
Maklike Navigering:
Op 'n selfoon is dit die maklikste om links bo op die drie dissipels-ikoon te kliek om na die hoofblad terug te gaan. Of kliek op die drie dwars lyne ("Hamburger menu") om by enige van die bladsye op hierdie webwerf uit te kom.
Op 'n rekenaar is dit die maklikste om die verskeie menu's aan die bokant van die bladsy te gebruik om op die webwerf rond te beweeg.
Mag jy geestelik versterk word in hierdie 40 dae-reis, en mag jy ’n seëning wees vir ander in jou doen en late.
Dagstukkies: 40 daaglikse oordenkings wat jou help om jou dissipelskap elke dag prakties uit te leef.
Selgroep-besprekings: Weeklikse bybelstudies vir kleingroepe wat die week se tema verder verdiep.
Gesinsbybelstudies: Gesinsvriendelike bybelstudies, een vir elke week van die dissipelskapreis.
Ons Verhaal: Meer oor die ontstaan, visie en span agter die projek.
Vir Gemeentes: Wenke en hulpmiddels vir gemeentes om die kursus aan te bied.
Kopiereg & Erkennings: Belangrike inligting oor gratis gebruik van die materiaal en bronvermelding.
“Kom, volg My…” – Jesus
Skakel ons gerus by 40daeprojek@gmail.com vir navrae of voorstelle.